
=====================================================================
Geletterdheid (AV 6:1)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Geletterdheid

Werk, wag, wen vir Joan Basson -- Lydia du Toit   bring hulde aan 'n diensgerigte vrou en inspirerende werkmaat. VIR iemand wat geen 
formele onderwysopleiding gehad het nie, is dit nogal 'n groot waagstuk om 'n geletterdheidsprogram te beplan en te ontwerp.

Maar vir Joan Basson van die Paarl is wag en wen elke dag op haar spyskaart,   en vanjaar het sy die vrugte gepluk van jare lange harde 
werk: die Visser Neerlandia Prys van die Algemeen-Nederlands Verbond. Daarby het sy ook 'n bedrag van R35 000 ten bate van haar 
geletterdheidsprogram ontvang.

Ek het Joan in 1985 leer ken toe sy reeds haar twee kursusboeke so te s gereed gehad het. Haar entoesiasme was aansteeklik en samewerking 
met haar was vir my ook 'n uitdaging. Wat ek bewonder het in haar aanpakwyse, was die vasberadenheid om hierdie selfopgelegde taak te laat 
werk.

Die behoefte van plaaswerkers was vir haar as opgeleide maatskaplike werker die vernaamse motivering. Daarom is die idees en lesse in die 
leermateriaal rondom hlle leefwreld gebou. Sy het ook besef dat sy meer van onderwys moet weet en het dus baie navorsing oor 
onderwysmetodes gedoen; skoolklinieke besoek, klasse bygewoon in skoolonderrig -- en in haar eie woorde "baie gebid".

Joan het self by die drukkers gaan sit ('n vergunning deur die hoof van die Paarl Drukkery) en het letterlik bladsy vir bladsy saam met 'n 
rekenaarvaardige persoon laat vorm kry. Hoe sy hierdie twee dik lees- en werkboeke teen so 'n bekostigbare prys kon versprei, sal net sy 
weet. Deel daarvan is natuurlik die feit dat sy alles uit haar huis geadministreer, versend en ook daar geberg het.

Drvoor het sy baie gewillige hande gehad om te help. Sy het almal by name genoem in haar skitterende toespraak by die Algemeen-Nederlands 
Verbond se toekenningsaand.

'n Naam wat telkens in haar gesprekke opduik, is di van Nella Ehlers, wat   haar pal bygestaan het. Nella was 25 jaar lank verbonde aan 
die Departement van Onderwys se biblioteekdiens en het landswyd rondgereis. Sy het in die Paarl kom aftree en het aangebied om Joan se 
geletterdheidsprogram taalkundig te versorg voordat dit na die drukkery moes gaan. Verder help sy steeds om syfers in die rekenaar te voer 
en verrig hierdie taak uitmuntend.

Joan Basson het haar toekenning verdien en ook die pragtige geleentheid wat vir haar gerel is in die Huis der Nederlanden in Pinelands, 'n 
unieke sentrum vir die Nederlandse en Vlaamse kultuur, vir Nederlands en sy wisselwerking met Afrikaans.

In haar bedankingswoord het sy dr. Jef Valkeniers,   senator van Vlaandere, in besonder bedank, en ook die Kaapse ANV voorsitter, mnr. Nico 
Rijpkema.   Teenoor haar kinders het sy waardering uitgespreek vir hul bystand en liefde, vir begrip vir die feit dat haar doelwit nooit 
was om geld te maak nie, maar om 'n diens te lewer.

Teenslae het Joan nie weerhou van uithou en aanhou nie. Sy vertel: "In 1991 het ek 5 000 boeke vir kursus 1 laat druk sodat die 
eenheidskoste per boek laag kon bly. Ek het geen fondse gehad nie, alleenlik maar die boeke begin verkoop en daarmee die drukkoste probeer 
betaal. Later het ek 'n lening by die bank uitgeneem en die totale koste daardie jaar het R127 000 beloop!

"Altesame is daar sedert 1991 15 000 boeke vir kursus 1 en 2 gedruk, waarvan 2 000 deur 'n brand gedurende die drukproses vernietig is. Ten 
spyte van die skade het ek met baie genade van Bo verlede jaar die eerste keer sonder drukkerskuld geindig. Altesame 12 320 boeke plus 5 
040 oorbruggingsboeke is verkoop."

In 'n briefie aan my 'n tyd gelede s sy na aanleiding hiervan: "Dank die Here daarvoor, die resultate is in Sy hande. Al wins wat ek gehad 
het, is 'n tweedehandse rekenaar, 'n skandeerder en fotokopieermasjien soos aangekoop. Maar dis goed so, dan het ek niks om op te roem 
nie."

Op 7 Junie 1991 al het Maureen Joubert   in Die Burger as volg oor Joan geskryf:   "Sy spits haar toe op die wreld van die volwasse 
arbeider. Sy laat 'n leerder nie soos 'n skoolkind voel nie." Sy haal dan Joan self aan: "Ek het baie hulp van die Landelike Stigting 
gekry. Hoewel ek aanvanklik nooit buite my eie omgewing gedink het nie, het dit gou geblyk dat daar 'n landswye behoefte aan 'n 
geletterdheidsprogram is."

Maureen Joubert skryf verder: "Dit is vir Joan Basson nie net genoeg om mense te leer lees nie. Sy maak van elke ongeletterde 'n mens wat 
in sy gemeenskap behoorlik kan funksioneer."

Joan se geletterdheidsprogram, wat nou al oor feitlik die hele land versprei is, het ook dividende afgewerp wat nie in statistieke gemeet 
kan word nie: mooi verhoudings wat gebou is; dankbaarheid van volwassenes vir wie 'n hele nuwe wreld oopgemaak is; blydskap dat mense hul 
Bybel self kan lees en gesange se woorde kan volg; 'n versterkte selfbeeld vir leerders wat die vrymoedigheid gekry het om selfs in die 
openbaar op te tree; die talle pragtige dankies-briefies wat ontvang is.

Oor die toekoms van die geletterdheidsprogramme s Joan: "Menslik gesproke sal dit seker goed wees as ek hierdie projek nou geleidelik kon 
oorgee aan 'n gevestigde instansie. Ongelukkig sal 'n uitgewer dan die boeke teen 'n hor prys moet verkoop en dit bring mee dat daar baie 
mense in die bestaande teikengroep (gewone huisvroue, kerkgroepe, die VLV, munisipaliteite, die ACVV ens.) sal wees wat nie die boeke sal 
kan bekostig nie." Ons wat met Joan saamgewerk het, besef alte goed dat die grootste teslag vir haar haar siekte is, wat sy met soveel 
geloofsmoed dra. Ons weet sy sal steeds Efesirs 3:20 as rigsnoer neem: "Aan Hom wat deur Sy krag wat in ons werk, magtig is om oneindig 
meer te doen as wat ons bid of dink, aan Hom kom die eer toe"

S het sy self ook gereageer: "In Oktober 1998, dieselfde dag as wat ek slegte nuus oor my gesondheid ontvang het, was die brief uit 
Nederland met die nuus van die prys in my posbus. So asof daar vir my ges word, moenie meer bekommerd wees oor die finansile sy van die 
werk nie, rus en word gesond!" Ons wens Joan volkome herstel toe, sodat sy nog steeds haar roeping kan vervul. Mev. Lydia du Toit, 
remedirende onderwyser,   het van die stories vir die werkboeke geskryf en ook gesorg vir van die tekeninge.   .

Werk, wag, wen vir Joan Basson

  Foto van Joan Basson

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av614.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Maart 1999 /// 'Ek is Afrikaanse Euro-Afrikaan' (AV 6:1) /// Afrikaans, 
jy en die Grondwet (AV 6:1) /// Veeltaligheid gekoester deur jong mense (AV 6:1) /// Geletterdheid (AV 6:1) /// HOOFARTIKEL-- Jaar met nuwe 
uitdagings (AV 6:1) /// Taalervaringe van 'n Duitse immigrant (AV 6:1) /// Afrikaanse posiebron vir Lae Lande (AV 6:1) /// In Verneukpan 
en Boesmanland lf Afrikaans (AV 6:1) /// Onbeskaamd granaatbos /// Toegevoegde teenoor verminderde tweetaligheid (AV 6:1) /// Kortverhaal 
-- Huisdiere (AV 6:1) /// Onderwys-werksessies (AV 6:1) /// Afrikaanse Bybel op die Internet (AV 6:1) /// Jan Schutte: 'n Huldeblyk (AV 
6:1) /// 'Dominee, 'n mooi sin is 'n mooi ding' (AV 6:1) /// Ligter taalmomente oor die grensdraad /// Nuwe era vir Afrikaanse boek (AV 
6:1) /// Op spoor van Maleise invloed (AV 6:1) /// Millennium-blues (AV 6:1) /// Afrikaans kuier oor die drumpel (AV 6:1) /// Hy 
verpersoonlik eerlikheid (AV 6:1) /// Ons lesers skryf (AV 6:1) /// Koningin stap voor in die ry (AV 6:1) /// Di koor gee jou hoop (AV 
6:1) /// Met 'n uitsig op 'n park (AV 6:1) ///

